spiritualiteit
Die Andrew Murray-Sentrum vir Spiritualiteit (AMSS) in Wellington – soos ander ruimtes van hierdie aard in die Wes-Kaap – help ons om tuis te kom, asem te skep, heel te word. Om van God se teenwoordigheid in ‘n brose wêreld bewus te word, kom nie van self nie. Ons is vermoeid en verlam deur die gewoel ín en óm ons. Ons is bevooroordeeld en van mekaar vervreem. By die AMSS leer ons om ons skanse te laat val en ons diepste behoeftes by God neer te sit. Ons leer om stil te word, met al ons sintuie waar te neem, ons oop te stel – óóp vir eenvoud en misterie, vir wonder én ongemak.
taakspan andrew murray sentrum
Voorsitter Ds Hansie Breedt
Koördineerder Mev Adrienne Bester
PSD Predikantebegeleiding Ds Siegfried Louw
Administratiewe koördineerder Mev Derine Piek
Addissionele lede
Mev Lanette Breedt
Ds Ankia du Plooy
Ds Dolf du Plooy
