seminarium

seminarium

Aan die begin van 2012 het die Seminarium van die NG Kerk en VGKSA by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch die eerste tree gegee met ‘n eenheidsbediening waardeur teologiese studente van die twee kerke saam die reis van geloofs- en bedieningsvorming aanpak ter voorbereiding vir die bediening in die twee deelnemende kerke.

Die Seminarium se vormingsprogram loop parallel en gelyktydig met die akademiese program van die Fakulteit Teologie, met die klem op vorming van persoonlikheidsaspekte, roepingsverstaan, geloofstaal, bedieningsvaardighede en missionale sensitiwiteit.