dosenteraad

dosenteraad

Die NG Kerkdosenteraad word saamgestel uit die teologiese dosente deur die NG Kerk benoem aan die teologiese fakulteit van die universiteit en die sentrum vir bedieningsontwikkeling van die kerk by die universiteit. Die NG Kerkdosenteraad is saam met die kuratorium verantwoordelik vir die vorming van teologiese studente met die oog op die bediening in die NG Kerk en die ander lidkerke van die NG Kerkfamilie. Die NG Kerkdosenteraad vergader vier keer per jaar en gee verslag aan die kuratorium aan die einde van elke jaar.