Voortgesette

Bedieningsontwikkeling (VBO)

Voortgesette

Bedieningsontwikkeling (VBO)

Die volgehoue ontwikkeling van bedieningsvaardighede deur middel van Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) is vir die NG Kerk van deurslaggewende belang. Die VBO-Forum stel op ‘n gereelde basis VBO-kursusse beskikbaar deur middel van Communitas, Excelsus, Sinodes en ander diensverskaffers. Hugenote Kollege se MyNotes elektroniese platvorm stel aanlyn VBO-kursusse beskikbaar. Die riglyn is dat leraars ten minste 150 VBO-punte in ‘n driejaarsiklus verdien. VBO-punte word op die NG Kerk Databasis geregistreer.

kernwaardes vir vbo

(‘Hover’ oor elke ikoon vir meer inligting)

Die  Sinodale Taakspan vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) is verantwoordelik vir voortgesette bedieningsontwikkeling vir predikante.  Predikante word genooi en aangemoedig om die onderskeie toerustingprogramme by te woon.

Dis ʼn voorreg, maar ook ʼn uitdaging om in veranderende tye die gemeenskappe te kan bedien as geestelike leiers.  Daarom is die taakspan van oortuiging dat die kernwaardes van VBO en die manier waarop die program opgestel is, vir predikante tot voordeel kan wees sodat hul ook hul roeping en passie vir die Here en Sy koninkryk kan uitleef regdeur hul bediening.

Elkeen is besig om voortdurend te leer wat dit beteken om as geestelike leiers leiding te gee in vandag se tyd.  As taakspan is ons oortuig dat dit van ons as predikante vra om in ‘n verdiepte verhouding met die lewende Christus te leef.  Daarom sal julle vind dat al ons kursusse in ʼn formaat gegiet word wat ruimte maak vir hierdie verdieping.  Die uitdagings van ons tyd vra verdiepte groei en integrasie by ons almal.

hugenote Kollege | mynotes

verwerwing van vbo-punte

Kursusse

A • C • H

konferensies

B

studie en skryf

E • I • L • M • N

ander

D • F • G • J • K

A. KURSUSSE | STUDIEGROEPE
  • Kursusse/Studiegroepe by Algemene Sinode se VBO diens-verskaffers (verkieslik moet minstens 30 punte langs hierdie weg verwerf word)
  • Aantal krediete | 30 (bv. ‘n driedagkursus)
B. KONFERENSIES | EENDAGKURSUSSE
  • Werkswinkels by Algemene Sinode se VBO diensverskaffers.
  • Aantal krediete | 10 (sterk aanbeveel)
C. GEAKKREDITEERDE KURSUSSE
  • VBO geakkrediteerde kursusse
  • Aantal krediete | 30 kan op die manier verhef word
D. MENTORRAAD
  • Mentorraad – (kwalitatief riglyn 10 uur per jaar in mentor verhouding binne die ontwikkeling van geakkrediteerde mentors)
  • Aantal krediete | 10
E. VERDERE STUDIES
  • Verdere studies (akademies)
  • Aantal krediete:
    • 100% vir Navorsings-M oor 2 jaar (100 pte) EN
    • 3 jaar vir ‘n bedienings/praktyk gerigte M (“Course work Masters”) (150 pte) EN
    • 100% vir Doktoraal oor 4 jaar (200 pte)
    • Punte word jaarliks toegeken
    • 50 by afhandeling
F. AANBIEDING
  • Aanbieding en/of ontwikkeling van VBO Kursusse (op versoek van VBO Forum of voorgelê en landwyd aanvaar)
  • Aantal krediete | (dieselfde as vir die wat die kursusse deurloop)
G. ARTIKELS
  • Portuurbeoordeling Artikels/Studiestukke vir kerklike kommissie/bywoning en deelname aan Akademiese Vak Werkgemeenskappe/akademiese lesing
  • Aantal krediete | 20 per artikel/konferensie | 5 per akademiese lesing
H. ANDER KURSUSSE
  • Ring, Sinodale kursusse/werkswinkels en seminare OF ander kursusse/werkswinkels en seminare. Deur middel van ringe kontroleer.
  • Aantal krediete | 10 
I. SELFSTUDIE
  • Selfstudie – Die bestudering van Teologiese Boeke en Artikels. Deur middel van ringe kontroleer
  • Aantal krediete | 10 per boek, en 5 per artikel (leesverslag van ongeveer 800-1000 woorde)
J. RETRAITES
  • Retraites (indien dieselfde punt as vir VBO kursus)
  • Aantal krediete | 10 per dag
K. SABBATSRETRAITES
  • Sabbatsretraites (indien dieselfde punt as vir VBO kursus)
  • Aantal krediete | 10 per dag
L. NAVORSING | STUDIE | ONDERSTEUNINGSGROEPE
  • Navorsing, studie en ondersteuningsgroepe wat gereeld bymekaarkom en waar boeke bespreek of deurgewerk word
  • Aantal krediete | Soos met bywoning van kursusse, dit wil sê 2 punte per uur aktiewe leer
M. SKRYF VAN GEESTELIKE | BEDIENINGSVERWANTE BOEKE
  • Skryf van geestelike en/of bedieningsverwante boeke
  • Aantal krediete | 30 per boek, maksimum 1 per jaar
N. SKRYF VAN ARTIKELS
  • Skryf van artikels vir kerklike of geestelike tydskrifte
  • Aantal krediete | <1000 woorde = 2 | >1000 woorde = 5

wes-kaapland taakspan

Voorsitter Alwyn Carstens
Onder-voorsitter Sulet Brümmer
VBO-koördineerder Bridget Leibbrandt

Addissionele lede:

Danie O’Kennedy
Marco Koch
Jana van den Munckhof

Lede:

Andri Eloff
Anje Zeeman
Elzanne van der Westhuizen
Eugene Malan
Luillaume Smit
Jako van Dyk
Jannie Engelbrecht
Johann Winterbach
Lizette Viviers
Marileen Steyn
Piet Retief
Rudolph Scharneck
Samantha Chamberlain
Sarize Retief