Voortgesette

Bedieningsontwikkeling (VBO)

Voortgesette

Bedieningsontwikkeling (VBO)

kernwaardes vir vbo

(‘Hover’ oor elke ikoon vir meer inligting)

Die  Sinodale Taakspan vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) is verantwoordelik vir voortgesette bedieningsontwikkeling vir predikante.  Predikante word genooi en aangemoedig om die onderskeie toerustingprogramme by te woon.

Dis ʼn voorreg, maar ook ʼn uitdaging om in veranderende tye die gemeenskappe te kan bedien as geestelike leiers.  Daarom is die taakspan van oortuiging dat die kernwaardes van VBO en die manier waarop die program opgestel is, vir predikante tot voordeel kan wees sodat hul ook hul roeping en passie vir die Here en Sy koninkryk kan uitleef regdeur hul bediening.

Elkeen is besig om voortdurend te leer wat dit beteken om as geestelike leiers leiding te gee in vandag se tyd.  As taakspan is ons oortuig dat dit van ons as predikante vra om in ‘n verdiepte verhouding met die lewende Christus te leef.  Daarom sal julle vind dat al ons kursusse in ʼn formaat gegiet word wat ruimte maak vir hierdie verdieping.  Die uitdagings van ons tyd vra verdiepte groei en integrasie by ons almal.