Rasversoening

Die Versoen Leergemeenskap is ’n groeiende beweging en netwerk van gemeenteleiers wie saam leer oor rasversoening.

Ons fokus op anti-rassisme en geregtigheid in die NG Kerk deur die kweek van geestelike kapasiteit en teologiese kennis.

Ons bou voort op die erfenis van versoeningswerk uit ons kerk en land se geskiedenis. Sáám wil ons verantwoordelikheid neem en nuwe energie bly skep vir hierdie bedieningswerk in en deur gemeentes.

TAAKSPAN

Voorsitter Jaco Botha
Ondervoorsitter Louis van der Riet
VBO/Werkswinkels Bianca Truter-Botha
Materiaal Ontwikkeling/Innovasie Helgard Pretorius
Skriba & Teologiese Studente Christine Venter
Finansies Karlie Liebenberg
Plaaslike Groepe Johannes Mouton, Andre Westraat
Fasilitering Wilhelm Verwoerd